Translations:Forgiving Step by Step/1/af

Almal van ons verlang na diep, liefdevolle verhoudinge, maar ongelukkig het ons almal al seerkry en selfs mishandeling deur ander beleef. Dit is pynlik en ons ly daaronder. Net soos fisiese wonde kan ontsteek en septies raak, kan wonde van die hart in bitterheid ontaard as ons nie versigtig is nie. Tyd alleen sal dit nie genees nie!