Translations:Forgiving Step by Step/4/af

Die enigste uitweg uit hierdie bose kringloop is vergifnis, wat dikwels baie moeilik kan wees, veral as ons intense pyn beleef het. Dit is ongelukkig so dat solank ons nie vergewe nie, ons gebonde bly aan die persoon wie ons seergemaak het sowel as aan die verlede. Dit is omdat ons net nie die pynlike ervarings kan vergeet nie en dit net probeer onderdruk in ons geheue. God daarenteen wil graag hê dat ons vry moet wees: - Vry van pyn, bitterheid, die begeerte om te vergeld en die verlede.